EG

IMG_0851Pretoria is eg.  Die bome, verkeer, mense en die PEP ‘special’ wat amper ‘tan’ daar teen die lamppaal in Lynnwoodweg.  Maar wat is ‘eg’ werklik?  Egtheid het te maak met ‘n innerlike reis na ‘n bestemming waar vryheid woon.  Egtheid lê binne jouself, nee, laat ons ‘n oomblik anders hieroor dink; egtheid lê buite jouself?

Ons egtheidsreise het soms te make met ‘n persoonlike soeke.  ‘n Tog wat spreek van menswees en om jou ware self ‘at ease’ te stel.  Egtheid buite onsself het te make met ‘n keuse wat ons doelbewus elke dag en soms elke moment moet uitoefen.

Bubbles!  Jip, ons leef almal in bubbles!  Dit wat jy as eg beskou, kom voor binne jou daaglikse roetines, lewe, vriende en familie.  Ek daag jou uit om vandag daai bubble van jou te bars.  Gaan en gaan soek egtheid daar buite.  Gaan soek dit in die vuil ‘gutters’ van ons stad, gaan soek dit by die bedwelmde sekswerker in Arcadia, gaan soek dit by die stink ‘hobo’ op die hoek van Visagie en Paul Kruger straat, gaan soek dit op die vullishope, gaan soek dit in die skindertonge van venynige mense en gaan soek dit dan op jou voorstoep.

Hoe eg is ons werklik?  Hoe eg is ek werklik.  Kom ons maak daai murg in ons pype wakker en druk daai ‘reset buttons’ en sit ‘n nuwe bril op.  Kom ons kyk deur nuwe lense na die ou daar langs jou, na die sekswerker in Arcadia en ontmoet die keuse om eg te wees, nie met ‘n glimlag en ‘n stywe handdruk nie, maar ‘n ‘embrace’.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s